Dalk kan 4×4-ambulanse help in Kavango-OosJune 25, 2025
Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, ‘n gebrek aan vervoer en beperkte vulstasies.