Betogings bars weer los in NairobiJune 25, 2025

Betogings in Kenia het vandag in Nairobi toegeneem op die eerste herdenking van die dodelike belasting-betogings waarin meer as 60 mense dood is. Reuters berig 56 mense is in hospitale opgeneem, die meeste van hulle met koeëlwonde. Die polisie het alle toegang tot die parlement afgesluit na spanning ook toegeneem het ná die dood van ‘n politieke webjoernaalskrywer, Albert Ojwang. Hy is in hegtenis geneem en in polisie-aanhouding vermoor, nadat die adjunk-polisiehoof, Eliud Lagat, hom beskuldig het van laster op sosiale media. Aktiviste vra ‘n nasionale stilstand en eis geregtigheid en ‘n einde aan polisiegeweld.