Namibië wil meer entstowwe vervaardig June 22, 2025

Die regering bestee jaarliks meer as 140 miljoen Namibiese dollar aan entstowwe vir lewendehawe en is baie afhanklik van invoere om dié entstowwe te vervaardig. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi sê Namibië wil die plaaslike vervaardiging van entstowwe verhoog om koste te verminder en soek steun uit China om dit te bevorder. Ashipala-Musavyi het tydens die onlangse Konferensie vir Samewerking in Landbouproduksie en –Handel tussen Afrika in China in Changsha ‘n beroep op beleggers gedoen om die inisiatief te ondersteun.