Namibië treetjie nader aan e-ID’s June 22, 2025
Namibië se reis van digitale transformasie neem die komende week ‘n belangrike tree na die implementering van elektroniese identiteitsdokumente met ‘n bewusmakingsveldtog oor e-ID’s wat die komende week in Windhoek afskop. Die kabinet het in 2023 besluit om na e-ID’s met biometriese en demografiese data oor te skakel. Die uitvoerende direkteur van die ministerie van binnelandse sake, Etienne Maritz, het Saterdag in ‘n verklaring gesê die digitale transformasie gaan nie net oor tegnologie nie, maar is ‘n belangrike instrument om inklusiwiteit te bevorder.