Gróót koue op pad na Wes-, Noord-Kaap June 22, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê koel en koue toestande sal vandag voortduur, maar het gewaarsku teen ‘n ernstige kouefront wat die Wes-Kaap en Noord-Kaap Woensdag en Donderdag sal tref. Die publiek en veral kleinveeboere moet bedag wees op baie koue, nat en winderige toestande met swaar reënval, sterk binnelandse winde en stormsterk kuswind. ‘n Baie rowwe see met hoë golwe, en ligte sneeuval oor hoër gebiede word ook verwag.