Desert Jewels bring netbalbeker huis toe June 22, 2025

Die Debmarine Desert Jewels is Saterdagmiddag as die kampioene in die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker in Dubai gekroon ná die Namibiese span Singapoer met 62 doele teen 53 in Dubai verslaan het. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die span kort daarna geluk gewens en gesê hulle het Namibië trots gemaak. Nandi-Ndaitwah het gesê sport is een van van die regering se sewe strategiese prioriteite en die oorwinning van die Desert Jewels is ‘n stap in die regte rigting. Die president het gesê sy sien uit daarna om die span in die komende dae te ontmoet.