Unam se Ogongo-projek rys mooi June 21, 2025

Die Universiteit van Namibië se rysprojek by sy Ogongo-kampus gaan vanjaar ‘n oes van tussen 15 tot 19 ton rys lewer, beduidend meer as die vorige jaar. Volgens Unam se vise-kansellier Kenneth Matengu beslaan rysverbouiing vanjaar 6,7 hektaar, vergeleke met net 1,4 hektaar verlede jaar. Sedert die stigting van die Ogongo-kampus is sowat 4 000 boere in die omgewing reeds in rysproduksie opgelei.