Was Dangote hier oor sement?June 20, 2025

Die Nigeriese sakeman en miljardêr Aliko Dangote se besoek Donderdag aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah kon moontlik ook gesprekke oor Ohorongo-sement behels het. Volgens The Namibian het Dangote vroeër gesprekke oor die maatskappy gevoer. Schwenk-sement nader tans die einde van die verkoop van sy Namibiese filiaal, Ohorongo. Die maatskappy sal, as gevolg van min belangstelling, saamsmelt met Whale Rock Cement. Dangote het baie belange in die bedryf regoor die vasteland en volgens berigte is daar kommer dat sou sy produk die Suider-Afrikaanse mark betree, dit plaaslike maatskappye sal smoor. Soos dinge nou staan benut die mark net 57 persent van produksie.