N/a’an ku sê genooi deur Charles en CamillaJune 20, 2025

Die N/a’an ku sê-stigting is genooi na die komende Harmony Summit, aangebied deur The King’s Foundation op 7 Julie by Highgrove House and Gardens in Gloucestershire, in die Verenigde Koninkryk. Die Harmony Summit sal fokus op die deel van inheemse kennis en ondersoek instel na hoe die kennis benut kan word om beter in harmonie met die natuur kan leef. Marlice van Vuuren van die stigting sal vergesel word deur San-ouderlinge en sal die geleentheid hê om koning Charles en koningin Camilla te ontmoet.