Meer as N$27m se skuld opgeëis by mosiehofJune 20, 2025

Die mosiehof het vanoggend, onder leiding van regters Nate Ndauendapo en Beatrix de Jager 87 aansoeke vir verstekvonnisse aangehoor. Sewe was op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 43 aansoeke gebring. Hulle eis 19 eiendomme met uitstaande skuld van 15,3 miljoen Namibiese dollar op, sowel as 24 lenings met ‘n skuldlas van 12,4 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer regter Shafimana Ueitele 44 onverdedigde egskeidings.