Drie Gupta-eiendomme word opgeveilJune 20, 2025

Drie eiendomme wat aan die Gupta-familie behoort, insluitend die omstrede Saxonwold-kompleks in Johannesburg, word volgende maand opgeveil. Die eiendomme is van ‘n Gupta-maatskappy wat onder sakeredding is, Confident Concept. Bieërs sal groot deposito’s van tussen 250 000 Suid-Afrikaanse rand en 500 000 rand moet betaal. Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag aangedui het hy sal nog ʼn aansoek indien vir die Gupta-broers se uitlewering. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle met politieke hooggeplaastes in Suid-Afrika saamgesweer het om staatsfondse te plunder.