Mediese fonds-lede moet jaarvergaderings bywoon: NamfisaJune 19, 2025
Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.