Man vind vergete loterykaartjie in motor, wen US$50 000June 19, 2025
Dalk moet jy jou voertuig noukeurig nagaan? ‘n Man van Philadelphia sê hy was besig om sy motor skoon te maak toe hy op ‘n vergete Powerball-kaartjie afgekom het. Die man, wie se identiteit weerhou is, reis gereeld vir sy werk as ingenieur en het op die pad die kaartjie gekoop en daarvan vergeet. Die kaartjie was die wenkaartjie vir 50 000 Amerikaanse dollar, of amper 900 000 Namibiese dollar. Hy sê hy sal van sy skuld afbetaal en die res spaar. Praat van ‘n meevallertjie!