Vroue-regte bedroef, ten spyte van NNN en haar adjunkJune 18, 2025
Sister Namibia se redaktrise, Brigit Rudd het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Forbes Africa wat berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met ‘n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. Rudd meen die situasie op ‘n maatskaplike vlak is bedroef al is die president en haar adjunk beide vroue.