Tshwane meld groot aantal masels aanJune 18, 2025
Die Stad Tshwane sê ʼn groot aantal maselgevalle onder kinders en grootmense uit veral streek een en ses is in laboratoriums bevestig. Masels is ʼn aansteeklike virussiekte wat deur hoes, nies of noue kontak met ʼn besmette persoon oorgedra word. Die simptome sluit in hoë koors, ʼn uitslag, hoes, loopneus en rooi oë. Die metro sê die reaksiespan het ʼn masels-rubella-inentingsveldtog begin wat op kinders van ses maande tot 15 jaar gemik is.