Nog twee Karan-voerkrale bevestig bek-en-klouseerJune 18, 2025

Die buurland se rooivleisbedryf het nog ‘n hou gekry. Karan Beef se Nigel-voerkraal in Gauteng en sy Albert Falls-voerkraal in KwaZulu-Natal het nou ook positief getoets vir bek-en-klouseer. Dit kom slegs weke nadat die maatskappy se massiewe en uiters bioseker Heidelberg-voerkraal in Gauteng positief vir dié siekte getoets het. Die uitvoerende hoof van die Rooivleis Produsente Organisasie dr. Frikkie Mare sê aan Kosmos 94.1 Nuus, dat selfs al word alle biosekuriteitsmaatreëls ingestel, daar geen waarborge is nie.