Landelike China steier onder egskeidings oor armoedeJune 18, 2025

Finansiële druk, veroorsaak veral deur jeugwerkloosheid en werksonsekerheid, is besig om die egskeidingskoers in armer Chinese streke op te jaag. Volgens Reuters, waarsku demograaf Yi Fuxian die egskeidingskoers vir 2024 word op 2,6 per 1 000 gereken, wat hoër as die 2,0 koers gedurende die Covid-19 pandemie. Yi sê dit is aansienlik hoër as Japan se 1,5 en 1,8 in Suid-Korea. Yi sê armoede vernietig huwelike, en koppel die stygende egskeidingkoers met laer geboortekoerse en China se demografiese krisis.