Heldedag sal in Zambezi herdenk wordJune 18, 2025

Die inligtingsministerie het aangekondig dat die 35ste amptelike herdenking van Heldedag vanjaar in die Zambezi-streek sal plaasvind. Heldedag word elke jaar op 26 Augustus gevier ter herdenking van die begin van Namibië se onafhanklikheidstryd op daardie datum in 1966 by Omugulugwombashe, ‘n Swapo-opleidingsbasis in die Omusati-streek. Die amptelike herdenking roteer elke jaar tussen die streke, en is in 2024 in Omuthiya in die Oshikoto-streek gehou. Die dag dien as ‘n geleentheid vir alle Namibiërs om te besin oor die opofferings wat gemaak is in die strewe na vryheid en onafhanklikheid.