Eskom ondersoek skoner opwekkingJune 18, 2025

Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê hulle wil skoner opwekking by die steenkoolmengsel integreer en sy algehele vrystelling met 40-persent verminder. Die kragverskaffer het tans by ses steenkoolkragstasies projekte van vyf gigawatt aan die gang wat in verskillende ontwikkelingstadiums is. Dit sluit die Komati-kragstasie in Mpumalanga in waar 122-megawatt fotovoltaïese sonkrag en 150-megawatt batteryberging ontwikkel word. Marokane sê hulle ondersoek ook verskeie tegnologieë om hulle bestaande steenkoolstasies te help wat tans onder ʼn uitsondering bedryf word.