Dollar verswak, Brent stygJune 18, 2025

Die Amerikaanse dollar het vanoggend teenoor die meeste groot geldeenhede gewankel, met die oorlog in die Midde-Ooste wat beleggers senuagtig laat, en die Federale Reserweraad se besluit oor rentekoerse later vandag. Die Amerikaanse weermag versterk ook sy teenwoordigheid in die streek, wat spekulasie oor Amerikaanse ingryping laat ontstaan het. Dit bring kommer oor konflik in ‘n gebied vol energiebronne, voorsieningskettings en infrastruktuur. Die dollar het tot dusver vanjaar meer as 8 persent verloor weens die afname in vertroue in die Amerikaanse ekonomie as gevolg van president Donald Trump se handelsbeleid. Die prys van Brent ru-olie het intussen met amper 16 persent in die afgelope week gestyg.