Staatswerkers se siekteverlof skiet die hoogte inJune 17, 2025
Die Staatsdienskommissie het aanbeveel dat alle staatsdepartemente jaarliks rekords van siekteverlof oudit om voorvalle van werkers se oormatige gebruik en misbruik daarvan te identifiseer. ‘n Verslag deur die kommissie toon die koste van siekteverlof in die Staatsdiens het gestyg van agt-miljard Suid-Afrikaanse rand in 2020 tot 10,1-miljard rand in 2023. Gauteng se koste vir siekteverlof was die hoogste met 1,4-miljard-rand, gevolg deur KwaZulu-Natal met 1,3-miljard. Die kommissie sê daar is ‘n verband tussen verlofkoste en die hoeveelheid werknemers in nasionale en provinsiale departemente.