Matthew Perry se dokter sal skuldig pleitJune 17, 2025
Die Kaliforniese dokter, Salvador Plasencia, wat daarvan beskuldig word dat hy Friends-ster Matthew Perry toegang tot ketamien gegee het in die weke voor die akteur se dood, het ingestem om skuldig te pleit. Hy sal skuldig pleit op vier aanklagte van die verspreiding van ketamien wat ‘n maksimum vonnis van 40 jaar tronkstraf dra. Perry, bekend vir die rol van Chandler Bing in Friends, is in Oktober 2023 dood in sy borrelbad in Los Angeles gevind. Hy was 54. Volgens dokumente wat vir die pleitooreenkoms ingedien is, het Plasencia Perry met ketamien by sy huis en in die parkeerterrein van die Long Beach-akwarium ingespuit. Dr. Plasencia het Perry se assistent, ook ‘n beskuldigde, geleer hoe om die medisyne toe te dien en het ekstra flessies verkoop wat hulle tuis kon hou.