Imalwa wil Shikongo se bates bevries, sy verdedigJune 17, 2025

Hoofargumente is ingedien in die aansoek deur die aanklaer-generaal Martha Imalwa wat regter Nate Ndauendapo vra om beslag te lê op die bates van Elizabeth Shikongo en Lancaster Training Centre. ‘n Tydelike bevriesing is toegestaan maar, Shikongo het vroeër kennis gegee dat sy die aansoek sal teenstaan. Dit hou verband met die beweerde bedrogspul van 30 miljoen Namibiese dollar in Walvisbaai. Shikongo en vyf ander het na bewering ‘n 72-jarige Namibiese sakeman bedrieg het met ‘n  voorlegging vir ‘n verpleegskool. Die saak kom vanoggend voor.