Damme: Ruim gebruik van bronne by besproeiingJune 17, 2025

Net minder as ‘n miljoen kubieke meter water is in die afgelope week uit Hardapdam gepomp en die dam het tans 73 persent water. Volgens NamWater se jongste dambulletin, is die Nautedam 98 persent vol met Oanob by Rehoboth wat op 74,3 persent staan. Neckartal is 99 persent vol. In die sentrale gebied is bronne op 81,6 persent met Swakoppoort wat amper 95 persent vol is, Von Bach op 85,4 persent en Omatako op 58 persent. Water is van die dam na Von Bach oorgedra. Die Ooste se bronne is op 32 persent met Otjivero op 53 persent na oordragte van die slikdam wat op 8,2 persent staan. Die Tilda Viljoendam is 20 persent vol en Daan Viljoen 22 persent.