Bibi sê Israel wen in IranJune 17, 2025
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê met die dodelike konflik tussen Israel en Iran wat die vyfde dag betree, is Israel besig om te wen. In Israel is 24 mense dood sedert die vyandelikhede verlede Vrydag begin het, terwyl 224 mense in Iran omgekom het. Netanyahu sê hulle is op koers om hul twee doelwitte te bereik, naamlik die uitskakeling van die kernbedreiging en die teenwerking van die missielgevaar. Hy sê Israel val regeringsteikens aan, in teenstelling met die Iranse regime, wat burgerlikes teiken.