Welwitschias werk aan dissipline in aanloop tot Puma-kragmetingJune 16, 2025

‘n Taai stryd wag die komende naweek op Namibië se Welwitschia-rugbyspan wanneer hulle teen die Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion in Windhoek uitdraf. Jacques Burger, die direkteur van die Namibiese Rugby-unie, sê die span gaan vandeesweek aan hul dissipline werk ná hulle die afgelope naweek ‘n naelskraapse oorwinning van 22-19 teen Uganda behaal het.