Soek- en reddingspogings verskerp in Oos-KaapJune 16, 2025

Die hoof van die Gift of Givers se Soek- en Reddingseenheid, Ahmed Bham, sê soek- en reddingspogings gaan verskerp word na die ernstige oorstromings in die Oos-Kaap wat 88 lewens, insluitend diè van ‘n tien-jarige meisie van Libode, geëis het. Tot nou toe is 83 lyke uitgeken en 56 is aan hul familie oorhandig terwyl vyf nog nie uitgeken is nie. Hy sê ‘n miltidissiplinêre span wat die SAPD se lugvleuel en honde-eenheid insluit, fynkam gebiede om die Mthatha-dam en nabygeleë riviere: