Sadou eis dat Bela-riglyne teruggetrek wordJune 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se riglyne oor die Bela-wet veroordeel en sê haar optrede is onwettig en ongrondwetlik. Sadou-woordvoerder Nomusa Cembi sê die wet laat slegs regulasies toe en nie riglyne nie. Sy het die minister van politieke inmenging beskuldig. Sy sê die vakbond eis die terugtrekking van die riglyne: