NamPol bly besig met oorgrens smokkelaryJune 16, 2025
Die polisie in die Ohangwena-streek ondersoek twee sake van die besit van onwettige goedere, insluitende brandstof. Vrydagaand het die polisie toegeslaan op drie voertuie in die Ongha-nedersetting met ‘n vrag sigarette, drank, tweedehandse klere en brandstof. Die waarde van die goedere is nog nie vasgestel nie. Die verdagtes het op vlug geslaan toe hulle die polisie bespeur het. Saterdagmiddag het die polisie ‘n man in die Omungwelume-nedersetting in hegtenis geneem omdat hy brandstof ter waarde van 2 675 Namibiese dollar in sy besit gehad het wat vermoedelik sonder ‘n permit uit Angola gesmokkel is. Die verdagte verskyn vandag in die landdroshof op Oshakati.