GRN se voertuigbesteding styg met 1 645% in 9 jaarJune 16, 2025

Voertuigaankope deur die regering het in nege jaar gestyg van 22 miljoen Namibiese dollar tot 384 miljoen dollar vanjaar, ‘n totaal van 1 645 persent in totaal of, 183 persent per jaar. Die Tender Bulletin berig dat die regering amper 15 persent meer in die huidige boekjaar as in die 2024-2025 boekjaar op voertuie sal bestee, op net meer as 384 miljoen dollar, die hoogste ooit. Die aankope op voertuie beslaan 2,38 persent van die verkrygingsbegroting.