ECN maak reg vir tussenverkiesingsJune 16, 2025
Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings begin môre, en aanduidings sover is dat die Verkiesingskommissie van Namibië se voorbereidings glad verloop. Die verkiesings sal in die Grootfontein, Kabbe-suid, Kamanjab, Otjiwarongo en Sesfontein-kiesafdelings gehou word. Die ontplooiing van 94 kiesbeamptes het reeds vanoggend in Kamanjab begin. Beide die Otjiwarongo- en Grootfontein-kiesafdelings het al die nodige materiale gekry en die ontplooiingsproses het vroegmiddag begin. Daar was nog nie vorderingsverslae vanaf die ander kiesafdelings nie.