Amper 30% van meisies tussen 13 en 15, rookJune 16, 2025

Die jongste data van die Wêreldgesondheidsorganisasie toon dat net meer as 31 persent van Namibië se jongmense tussen die ouderdom van 13 en 15 gebruik tabakprodukte. Volgens Richard Banda, die plaaslike WGO-verteenwoordiger, is die groter meerderheid, 29,9 persent van die totaal meisies. ‘n Totaal van 11,2 persent van Namibiërs bo die ouderdom van 15 rook. Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao sê die tabakwet word hersien om damprook en verwante produkte in te sluit en die jeug, wat meer as 70 persent van die bevolking uitmaak, sal beskerm.