Planne om meer water in Erongo te ontsoutJune 15, 2025

Planne is onderweg om die kapasiteit van die Erongo-ontsoutingsaanleg te vergroot. Volgens die Franse operateur Orano lewer die aanleg tans 22,5 miljoen kubieke meter water jaarliks en word beplan om dit na 25 miljoen kubieke meter te verhoog. Sou die vraag dit regverdig, kan die aanleg se kapasiteit selfs tot 45 miljoen kubieke meter per jaar verhoog word. Sedert die aanleg in 2010 met ontsouting begin het, het dit reeds meer as 123 miljoen kubieke meter water aan plaaslike owerhede en myne in Erongo gelewer.