‘Oorlog is ook ‘n klimaatskrisis’ June 15, 2025
Die Klimaatgeregtigheidskoalisie sê oorlog is nie net ʼn menseregtekrisis nie, dis ook ʼn klimaatskrisis. Navorsing deur die Klimaat- en Gemeenskapsprojek toon koolstofvrystellings was in die eerste 60 dae van die konflik tussen Israel en Gaza in 2023 meer as die jaarlikse vrystellings van meer as 30 lande. Sonkrag wek sowat ʼn kwart van Gaza se elektrisiteit op, wat ‘n groot deel van wêreldproduksie uitmaak. Die koalisie sê daar is geen klimaatgeregtigheid sonder om kolonialisme, imperialisme en volksmoord teen te werk nie.