‘Brittanje nie in oorlog gewikkel’June 15, 2025

Brittanje se finansminister, Rachel Reeves, sê hoewel die moontheid die afgelope 24 uur onder meer stralers na die Midde-Ooste gestuur in reaksie op die konflik tussen Israel en Iran, beteken dit nie die Verenigde Koninkryk is in ‘n oorlog betrokke nie. Reeves sê die doel van Brittanje se toenemende teenwoordigheid in die Midde-Ooste is om sy “belangrike bates” daar te beskerm. Op ‘n vraag van Sky News of die VK in die toekoms betrokke kan raak, het Reeves gesê sy “gaan niks op hierdie stadium uitsluit nie”.