Besproeiingskemaprojek by Neckertal hopelik binnekort hervat June 15, 2025

‘n Beswaar wat onlangs ingedien is teen ‘n suksesvolle bieër vir die ontwerp van die tweede fase van die Neckartal-dambesproeiingskema het die projek se langverwagte implementering vertraag. Die beswaar word tans deur die beoordelingsraad hersien, wat na verwagting binnekort ‘n besluit sal neem, sê die waarnemende adjunk-uitvoerende direkteur van die landbouministerie, Ben Haraseb. Volgens Haraseb sal die ontwerpfase van die besproeiingskema na verwagting binne agt maande voltooi sal wees, wat die weg baan vir die konstruksie om volgende jaar te begin. Die projek, wat 5 000 hektaar beslaan, sal na verwagting 11 000 werksgeleenthede skep.