Verban ‘Kill the Boer’ op Potch, sê AfriForum June 14, 2025

AfriForum Jeug kritiseer die Noordwes-Universiteit nadat ‘n vergadering oor die sing van die omstrede ‘Kill the Boer’-dreunsang op die kampus, uitgestel is. Yvonne Gerber van die groep sê die vergadering is nou vir ‘n tweede keer uitgestel terwyl die universiteit versuim het om die lied in die openbaar te veroordeel. Gerber beklemtoon dat studente ‘n veilige omgewing verdien. Sy dring aan dat die lied op die kampus verban moet word en vra die universiteit om moreel en daadwerklik op te tree.