Sokker: Real Madrid tienerster ryker June 14, 2025
Real Madrid het ‘n sesjaarkontrak met die tiener-spelmaker Franco Mastantuono van River Plate gesluit. Volgens die Spaanse media sal die 17-jarige aanvallende middelveldspeler Madrid 933 miljoen rand kos, terwyl Argentynse berigte spekuleer dat die bedrag selfs 1,2 miljard rand kan beloop. Mastantuono sal hierdie somer nog vir River Plate in die Klubwêreldbeker in Amerika speel voordat hy na die Spaanse hoofstad verhuis.