Motorsport: 19 F1-jaers pak Le Mans aan June 14, 2025
Negentien voormalige Formule Een-renjaers neem deel aan die 93ste Le Mans 24-uur uithouwedren wat vanmiddag in Frankryk begin. Hulle sluit in Kevin Magnussen van Denemarke wat vir BMW jaag, Alpine se Duitse jaer, Mick Schumacher, die Britse bestuurder Jenson Button van die Cadillac Hertz-span Jota, en die Pool Robert Kubica vir AF Corse. Ferrari het die ikoniese wedren die afgelope twee jaar gewen. Elke span het drie bestuurders wat mekaar afwissel, terwyl ‘n bestuurder nie langer as 14 uur in totaal mag jaag nie.