Cholera-uitbreking op Opuwo vermoed June 14, 2025

Die gesondheidsministerie het teen ‘n vermoedelike uitbreking van cholera op Opuwo in die Kunene-streek gewaarsku. Dit volg ná twee kinders uit dieselfde huishouding vroeër vandeesweek met cholera-simptome in die distrikshospitaal opgeneem is. Een van die kinders is dood. Die ander een is in ‘n isolasiesaal en herstel. Voorlopige laboratoriumtoetste het cholera bevestig. Nóg ‘n kind en ‘n volwassene uit dieselfde huishouding is Vrydag ook met cholera-simptome in die hospitaal in isolasie geplaas. Die ministerie het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie paniekbevange te raak nie. Indien enigiemand tekens wat cholera toon, moet hulle dadelik by hul naaste gesondheidsfasiliteit aanmeld, sê die ministerie.