Vermiste ankerboei het Hentiesbaai op holJune 13, 2025
Inwoners van Hentiesbaai was vandag bekommerd oor ‘n oranje-kleurige objek wat in die see gesien is, wat ‘n reddingsboot kon wees. Dit was te ver die see in om selfs met sterk verkykers uit te maak presies wat dit is. Frank Stein van Bay Air Aviation in Swakopmund het aangebied om te gaan kyk, terwyl ‘n lid van die dorp se vissersgemeenskap bygestaan het om hulp te verleen as dit wel ‘n reddingsboot met mense aan boord was. Stein het ‘n verbyvlug gedoen en bevestig dit is ‘n ankerboei, waarskynlik een wat van die olie-tuig parallel met Langstrand vermis geraak het.