Teiken indringers om plaaslike spesies te redJune 13, 2025

Geteikende optrede teen uitheemse indringerspesies kan die risiko van uitwissing van spesies in die Europese Unie met tot 16-persent verminder. Altesaam 3 759 spesies regoor die EU is onder druk of bedreig. Hiervan is 579 opgeteken as bedreigde spesies wat van gebiede buite hul natuurlike gebied ingebring is. Navorsers is van mening die Makaronesiese Eilande, soos Madeira en die Azore, bied die grootste geleenthede om die risiko van die uitwissing van spesies te verminder.