PDM gereed vir tussenverkiesings, steun UDF in KamanjabJune 13, 2025

Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, sê hulle sal die kandidaat van die United Democratic Front in die streekskiesafdeling-tussenverkiesings by Kamanjab, in die Kunene-streek, ondersteun. Alhoewel die party nie ‘n kandidaat vir Kamanjab het nie, neem dit wel deel aan die Sesfontein-, Otjiwarongo- en Grootfontein-tussenverkiesings op 17 Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaringombe gesels.

Hy verduidelik waarom hulle die UDF Kamanjab-kandidaat sal ondersteun.