Navo: Net 3 lande het destyds se 2% behaalJune 13, 2025
Navo-lede skarrel om 5 persent van BBP-besteding op verdediging te behaal, in aanloop tot sy groot vergadering later vandeesmaand. Die Russiese-dreigement het eenvoudig te groot geword en bestediging op verdediging het die afgelope dekades aan die agterspeen gesuig. Keith Kellogg, die Amerikaanse president se spesiale gesant vir Oekraïne het by die Duitse Marshallfonds-forum in Brussel die kwessie bespreek. Agt jaar gelede het net drie Navo-lede die 2 persent teiken bereik.