Namibië moet saam met enige land werk wat goed is vir sy kernkrag-ambisiesJune 13, 2025
Die kwessie van ‘n kernkragsentrale en Rusland se Rosatom wat na Namibië kyk as kernkragvennoot bly in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, voormalige hoof van NamPower, wat sê Namibië moet geen land uitsluit wat goed sal wees vir sy kernkrag-ambisies nie.