Jeugraad se media-inligtingsessie ontaard in chaosJune 13, 2025
Die Nasionale Jeugraad is weer in die nuus na die direkteur, Calista Swartz-Gowases, probeer het om ‘n NBC nuusspan te keer om ‘n media-inligtingsessie van die raad se geaffilieerde organisasies en streek-jeugforums by te woon. Die inligtingsessie, wat dringende kwessies in die Jeugraad sou aanspreek, is ontwrig toe Swartz-Gowases gesê het dis nie deur haar kantoor goedgekeur nie. Swartz-Gowases is verlede week op gedwonge verlof geplaas deur die raad se direksie, maar volgens plaaslike berigte weier sy om haar kantoor te ontruim. ‘n Rumoerigheid het losgebars te midde van versoeke dat jeugminister Sanet Steenkamp moet intree.