Iran sê Israel en VSA sal betaalJune 13, 2025
Iran se weermag waarsku dat Israel en Amerika gaan betaal vir die aanvalle op sy kernaanlegte. Die aanvalle was deel van Israel se Operation Rising Lion, waarin die personeelhoof van Iran se weermag, Mohammad Bagheri, en die leier van die paramilitêre Rewolusionêre Wag, Hossein Salami, dood is. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Amerika was nie betrokke nie. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê sulke aggressiewe optrede kon nie sonder koördinering en goedkeuring van Amerika plaasvind nie.