Amper N$85m in mosiehof deur banke geëisJune 13, 2025
Regters Gerson Narib en Lotta Ambunda het die mosiehofsessies vanoggend hanteer met 87 aansoeke waarvan 22 op die reël 108-rol was. Kommersiële banke het 49 aansoeke gebring. Die banke eis 32 eiendomme met ‘n reuse skuldlas van 58,9 miljoen Namibiese dollar terug sowel as 17 lenings met net so groot skuldlas, 25,9 miljoen dollar terug. In Maandag se sessie hanteer Narib 59 onverdedigde egskeidings.