Verbod op vervaardiging van alle medisyne by FabupharmJune 12, 2025

Die regulerende raad vir medisyne sê Fabupharm is in stryd met regulasies en vervaardig medisyne sonder die nodige magtiging sedert Januarie 2024. Die registrateur van die raad, Fransina Nambahu, sê Fabupharm is opdrag gegee om met onmiddellike effek vervaardiging te staak tot die nodige lisensie bekom is. Sy voeg by dat die opdrag in plek sal bly tot Fabupharm alle nodige regulasies nakom.