Sekuriteitswerk Forum eis afdwinging van minimumloonJune 12, 2025
Die Namibië Sekuriteitswerk Forum eis saam met werknemers- en werkgewers-verteenwoordigers in die sektor dat die nuwe minimumloon onmiddellik afgedwing word. Hulle vra ook vir regulering van die bedryf, wat lankal moes gebeur het en volgens hulle te lank verwaarloos is. Die forum se verteenwoordiger en hoof van sekuriteit by die Staatwerkersvakbond, Andreas Hausiku, benadruk dat die sektor se huidige minimumloon van 13 dollar 50 sent per uur, wat tot 18 dollar ‘n uur sal styg in 2027, sedert 15 Januarie vanjaar wet is. Die forum waarsku dat regeringsinstellings wat tenders onder 30 dollar 30 sent per uur toeken, arbeidsreg-oortredings moontlik maak. Hausiku sê dit is nie finansieel of wetlik moontlik om ‘n sekuriteitsonderneming te bedryf en aan alle statutêre verpligtinge te voldoen deur onder daardie koers te tender nie. Hy sê om armoede-lone te betaal en vir regeringswerk te bie is oneties, onwettig en skandelik.